
JOU TROU VENUE – ‘n onthaal om te onthou
Die plek waar jou sprokiesverhaal troue ‘n waarheid word…
“Asemrowend! Fantasties! Sprokies verhaal inderdaad! Als was so mooi – ons het ‘n heerlike tyd gehad”. Dis mos komplimente wat elke bruidspaar wil hoor op hulle troudag! Nog meer belangrik is dat jou venue die plek is waar julle jul eerste herinneringe as getroude paartjie gaan begin. So om ‘n trou venue te kies is een van julle eerste moeilike take as ‘n paartjie om saam te doen. Maar dit hoef nie moeilik te wees nie. Hier is ‘n paar riglyne om hierdie groot taak makliker en ook soveel lekkerder te maak!
Riglyne vir die selektering van jou venue: ‘n 3 stap plan
Die internet, bruidsboeke en permanente bruidsuitstallings en informasiesentrums is belangrike bronne om julle te help om te soek vir ‘n venue. Maak ‘ n kortlys van venues wat julle aptyt prikkel, en dan doen verdere navorsing daaroor met die riglyne hieronder.
STAP 1: BEANTWOORD EERS HIERDIE VRAE – OM JULLE TE HELP OM ‘N KORTLYS VAN TROU VENUES OP TE STEL:
· In watter seisoen wil julle trou? (onthou dat sekere venues, spesiale aanbiedings het vir sekere seisoene).
· Gaan dit ‘n oggend, middag of aand geleentheid wees?
· Hoeveel gaste gaan julle nooi – dit bepaal die grootte van die onthaalarea wat jy nodig het en dus of die venue jou aantal gaste sal kan akkommodeer met ‘n dansvloer.
· Watter atmosfeer wil jy skep of tema wil jy volg? Gaan dit formeel, semi-formeel, of informeel wees? Dit gaan die tipe en styl van jou trou venue bepaal.
· Wil julle ‘n troue in die bosveld, tuin, by die see, of in die stad he? Gaan dit by ‘n trouvenue , hotel, restaurant, country club, of buite in n markiestent in die tuin wees?
· Is die venue beskikbaar vir die datum wat julle wil trou? As julle van ‘n sekere venue hou, sal julle miskien buigbaar moet wees in terme van julle datum.
Hierdie basiese vrae sal julle help om dan ‘n kortlys van venues te maak wat julle dan kan gaan besoek. Onthou om eers die venue te kontak om te hoor of julle eers ‘n afspraak moet maak of net kan arriveer. Baie venues verkies dat julle hulle eers bel vir ‘n afspraak. Die beste is om ‘n venue ‘n jaar vooruit te bespreek, veral as julle gedurende die somer maande wil trou.
STAP 2: VAT HIERDIE VRAE EN GEDAGTES SAAM MET JULLE AS JULLE VENUES GAAN BESIGTIG:
· Voel julle welkom by die venue? Hoe behulpsaam is die bestuur?
· Is daar genoeg parkering en is daar sekuriteit om na die motors te kyk.
· Is daar genoeg plekke om fotos te neem. (Moet jou nie vas staar teen groen grasperke en blomtuine nie. Laat jou kreatiwiteit jou hier help. Oulike fotos kan ook geneem word in die bosveld, teen ou mure, of teen natuurlike agtergronde).
· Hoe ver is die kerk van die onthaal area. Moet gaste ry van die een na die ander toe of is alles by een venue beskikbaar?
· Hoeveel troues doen hulle op ‘n dag? Is daar tydbeperkings?
· Wat mag julle gebruik vir konfetti by die venue? (By kerke is daar sekere regulasies van toepassing).
· Is die koordineerder wat jou bespreking vat ook die een wat jou troue gaan hanteer, en jou bystaan op die dag? (Sodat jy weet dat al jou idees en versoeke uitgevoer word)
· Hoeveel ondervinding in koordineering en uitvoer van troues het die bestuur van die venue? Hoe lank bestaan die venue al?
· Spyseniering: is daar ‘n gekwalifiseerde chef beskikbaar en op diens by julle troue? Hoe lyk die kos fotos en mag julle vra vir ‘n proe-sessie? Hoeveel kos word bedien en tot hoe laat word dit bedien? Mag jy met die sjef ‘n bespreking maak om oor jou spyskaart te gesels en is hulle oop vir voorstelle wat by jou tema gaan pas?
· Vra vir die volledige trou pakkette wat alle kostes, asook enige versteekte kostes wat mag opduik, insluitende die dekor insluit. (Hierdie lys sal jou help om ‘n venue te kies wat by jou begroting sal pas).
· Tot hoe laat mag julle partytjie hou en tot hoelaat is die kroeg beskikbaar? Is daar ekstra kostes verbonde hieraan? (Drankbeleid).
· Wat is die rook beleid en is daar n gemaklike plek beskikbaar vir rokers om te rook?
· Is die venue rolstoel vriendelik, as dit ‘n behoefte is vir julle gaste.
· Behalwe dat dit ‘n venue is, watter ander dienste kan die venue vir jou aanbied? (Sekere venues verskaf ‘n eenstop diens).
STAP3: DIE FINALE BESLUIT
Nadat julle die kortlys van venues gaan besigtig het, kyk eers al die inligting versigtig deur en maak dan die nodige vergelykings.
Maak seker dat die venue wat julle kies vir jou en jou gaste die beste gaan bied. Maar ook watter venue pas vir julle as bruidspaar - die beste? Visualiseer ‘n plek waar julle die gelukkigste en gemaklikste by was – hoe lyk, klink, ruik, proe en voel die venue vir julle? Fokus op die spesiale atmosfeer wat jy by die venue ondervind het waar meeste van die boonste sintuie aanpas.
Die mees belangrikste is om as ‘n bruidspaar hierdie beplanningsproses te geniet en saam te groei. Die venue en onthaal moet julle as bruidspaar help om julle liefde vir mekaar uit te beeld en te vier.
Vertroue, liefde en vreugde sal kyk na die res.